EK BELOOF:
1.Om daarop aan te dring dat my land binne die volgende 2 jaar by 'n internasionale verdrag aansluit wat die besoedeling deur aardverwarming met 90% in ontwikkelde lande en wêreldwyd met meer as die helfte sal sny, sodat die volgende generasie 'n gesonde aarde kan erf;
2.Om persoonlik op te tree teen die klimaatskrisis, deur my eie CO2-besoedeling met soveel as moontlik te verminder en om die res teen te werk sodat dit "koolstof-neutraal" kan word;
3.Om te veg vir 'n moratorium op die konstruksie van enige nuwe opwekkingsfasiliteit wat steenkool verbrand sonder die vermoë om CO2 veilig op te vang en te berg;
4.Om te streef na 'n dramatiese toename in die energie-doeltreffendheid van my huis, werkplek, skool, plek van aanbidding en in my metode van vervoer;
5.Om te veg vir wetgewing en beleid wat die gebruik van hernieubare energiebronne uitbrei en wat die afhanklikheid van olie en steenkool verminder;
6.Om nuwe bome te plant en om by ander aan te sluit vir die bewaring en beskerming van woude; en,
7.Om slegs by besighede te koop en om leiers te ondersteun wat deel in my verbintenis om 'n oplossing te vind vir die klimaatskrisis en wat bou aan 'n volhoubare, regverdige, en voorspoedige wêreld vir die 21ste eeu.
Sluit hierdie venster